Ons basiese uitgangspunte:
- Jesus Christus is die mens se enigste Verlosser en Hoof van hierdie gemeente.
- Die Bybel is God se Woord en is in alles betroubaar en waar.
- Ons saligheid is van begin tot einde net onverdiende genade.
- Ons diens aan God en ons lewe as sy kinders moet volgens sy Woord gevorm word.
Eredienstye:
Eredienste in 2025 vind op Sondae om 10:00 en 19:00 (17:30 tydens skoolvakansies en langnaweke) plaas.
Ons strewe daarna om:
- God weekliks opreg saam te aanbid in die eredienste;
- onsself en ons medemens geestelik op te bou deur liefdesdiens en die gawes wat die Here gee;
- mekaar as broers en susters in die Here lief te hê en by te staan;
- armes en ander in nood in hierdie gemeente asook wyer met liefde te help;
- die Here se Woord gedurig te ondersoek met die oog op ’n Bybelse lewenstyl;
- deel te neem aan die verspreiding van die evangelie na almal wat sonder God leef.
Ander skakels:
